Wednesday 09:08
clear sky
Tomorrow:
broken clouds 12°
Oudtshoorn
Skrywers en lesers wat verlede Saterdag, 28 Februarie, aan die eerste boekedag by die Neelsie-teater deelgeneem het, is dit eens dat meer sulke geleenthede gereël moet word.Die dag is deur die Arbeidsgenot-komitee gereël om plaaslike skrywers die geleentheid te gee om hul skryfwerk aan inwoners bekend te stel. Die program het met 'n silent library begin waar lesers vir 45 minute in die tuin en op die stoep van Arbeidsgenot kon sit en lees. Dit was 'n toetslopie om te kyk of soortgelyke leesure weer aangebied kan word.Tien skrywers het aan die oggend deel-geneem waartydens elkeen tien minute gegun is om oor hul eie skryfwerk en boeke te gesels. Vir sommige was tien minute te lank, maar vir ander was dit 'n uitdaging om hul interessante stories in so 'n kort tydjie te deel. Elke skrywer het ook geleentheid gehad om hul boeke uit te stal en 'n hele aantal boeke is verkoop. Izak de Vries, voorsitter van die LGF-direksie, het die oggend bygewoon en die hoop uitgespreek dat meer sulke geleenthede by Die Neelsie aangebied sal word.
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to [email protected]. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2026 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant